NewsNews

Weiveld-pad ontaard in vullishoop

Die chaos by Parys se amptelike stortingsterrein langs die Weiveld-pad word al groter - net soos die vullishope al hoër en groter word langs die pad.

Met die stortingsterrein nou omhein, is die ingang al so met vullis toegegooi dat mense nie meer in die terrein kan kom nie. Gevolglik word daar nou sommer reg voor die ingang en oral langs die pad vullis afgegooi.
Afgesien van die geweldige veiligheidsrisiko wat dit skep met mense wat letterlik op die vullis toesak en vullis wat oral oor die pad waai, is dit ook ’n groot brandgevaar met die naderende winter.
Die gesondheidsrisiko hiervan skep ook ernstige kommer met afvalwater van die terrein wat met reën direk in die Oudewerfspruit en dan in die Vaalrivier inloop.
Herhaalde pleidooie tot die Ngwathe Munisipaliteit deur DA-raadslede en selfs boere wat afhanklik is van die pad en dit self onderhou, het nog geen verandering gebring nie. Inteendeel, selfs die Groen Skerpioene se hulp is al ingeroep – sonder sukses.
Vir ’n skrale troos het die Ngwathe-bestuur na jare se soebat,  borde opgesit wat onwettige storting langs die Weiveld-pad verbied. Afgesien van die swak vakmanskap waarmee die borde opgesit is (foto links), staan van die pale waaraan die borde vasgesit is, ook reg in die pad.


Sou daar nie dringende beheer oor die terrein verkry word nie, stuur hierdie situasie op ’n ramp af

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button