NewsNews

VIDEO: Slagting van Wildebeest nie in Potch

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie.

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie.

Dié video is vandag (25 April) op die Potchefstroom Facebookblad gedeel. Die persoon wat dit gedeel het, het mense gevra of enige iemand kan bevestig dat dit in Potchefstroom gebeur het.

Alhoewel sommige mense gesê het, dat hulle van sulke tipe gevalle in Potch gehoor het, kon niemand bevestig nie.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van Paws, het hulle dadelik ondersoek in gestel.

“Die Paws inspekteur het verskeie mense gekontak om te probeer uitvind wie die video geneem het,” het hy gesê.

Intussen het PAWS op ‘n Facebook inskrywing afgekom wat gister (24 April) opgelaai is. In dié inskrywing word daar genoem dat die voorval in die Oos-Kaap plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button