NewsNews

Veilig in jou motor

Motordiefstal en kapings is 'n werklikheid. die afgelope maand alleen is 4 voertuie in Parys gesteel. Let asseblief op die volgende veiligheidswenke.

* Maak seker dat jou motor in ’n  uitstekende meganiese toestand is om die kanse dat jy sal gaan staan, te verminder.
* Moenie pakkies of persoonlike artikels sigbaar of op die motorsitplekke laat nie. Sluit dit in die kattebak toe.
* Hou jou deure gesluti en jou vensters toe wanneer jy bestuur.
* Parkeer jou motor snags in ’n  goed verligte area.
* Moet nooit rylopers oplaai nie.
* Wees op jou hoede vir vreemdelinge wat jou motor by verkeersligte nader.
* As jy agtervolg word, ry na jou naaste polisiestasie.
* Indien jy deur enige persoon bedreig word, druk jou toeter aanhoudend.

Mense wat navrae het kan a.o. Jan le Roux by die Parys-polisiestasie skakel by (056) 816 2529

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button