News

Onderrig in VS skiet ver tekort

Suid-Afrika het een van die hoogste universiteit uitsaksyfers ter wêreld. Ons wil gratis tersiêre onderrig bied, maar leerders word nie bemagtig om die mas van universiteitsvakke en standaarde op te kom nie.

 

 

Só het VF Plus-LPW, Tammy Wessels, Vrydag gesê in haar toespraak tydens die begrotingsposdebat van die Vrystaatse departement van onderwys in die Vrystaatse wetgewer.

 

Wessels sê die Vrystaatse departement van onderwys bemagtig en ondersteun nie leerders om produktiewe lede van die gemeenskap te word wat ‘n positiewe bydrae tot die samelewing lewer nie. 

 

Die matriekslaagsyfer in Suid-Afrika vir 2017 was 75.1% met ‘n minimum slaagpersentasie van 30%. As die slaagpersentasie 40% was sou slegs 54% van leerders geslaag het.  Dit bewys dat die kwaliteit van onderrig nie voldoende is nie en dat ‘n groot persentasie van leerders met ‘n minimum van 30% deurskuur, het sy gesê.

 

“Die regering behoort eerder in die kwaliteit van onderrig in die Vrystaat te belê in plaas daarvan om tevrede te wees met middelmatigheid ter wille van ‘n hoë slaagsyfer.”

 

“Onderwysers behoort bemagtig te word.  Afwesigheid van onderwysers is ‘n groot probleem in die Vrystaat en behoort dringend aangespreek te word. ”

 

Wessels het dit ook beklemtoon dat onderrig entrepreneurs gerig behoort te wees vir selfbemagtiging en werkskepping.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button