NewsNews

Onderwyser steeds in waakeenheid na pyl hom tref

Polisie steeds op soek na boogskutter wat 63-jarige man Sondag geskiet het

 

VAALPARK. – Mnr. Louis van Rooyen, die 63-jarige man wat Sondagmiddag deur ‘n boogskutter se pyl getref is terwyl hy en sy boerboel die hondeskool bygewoon het, se toestand is steeds onveranderd.
Volgens sy seun, Stefan van Rooyen, is sy pa steeds in die waakeenheid omdat daar ‘n groot risiko vir sepsis is aangesien die pyl sy dikderm deurboor het. Sowat 30cm van die kompetisiepyl, wat in totaal 70cm lank is, is by mnr. Van Rooyen se buik in en het net voor sy ruggraat vasgesteek. Hy het skynbaar nog baie pyn en is steeds onder sterk verdowing om hom rustig te hou.
Mnr. Louis van Rooyen is ‘n onderwyser by ‘n Christelike privaatskool in die Vaaldriehoek.
* Die Polisie is besig met ‘n uitgebreide soektog na die boogskutter wat mnr. Van Rooyen geskiet het. Enigiemand met inligting kan adj.offisier Freddie Nel van die polisie skakel by 083 756 7977.
Die Laerskool Vaalpark, waar die voorval Sondag plaasgevind het, wys daarop dat die skietvoorval nie tydens ‘n skoolgeleentheid plaasgevind het nie, maar tydens ‘n privaat-georganiseerde byeenkoms van die hondeskool. Hy is vermoedelik van buite die skoolterrein geskiet.
Die beseerde mnr. Van Rooyen het tans nie ‘n mediese fonds nie. Enigiemand wat graag ‘n bydrae vir sy behandeling wil maak, kan dit inbetaal by FNB, bankkode 231232, in LS van Rooyen se transmisierekening: 62110193571.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button