NewsNews

Kunstefees ’n trots vir Parys

Geluk met die baie suksesvolle Parys Kunstefees.

Almal betrokke by die afgelope kunstefees moet gelukgewens en bedank word – van Deon Terblanche (die organiseerder) en sy komitee, La Oma en die ander borge, elke individu, besigheid en organisasie wat bygedra het, tot die groot makietie en alles wat in ’n  rekordtyd gereël is.
Die Saterdag van die Paasnaweek was sekerlik die dag met die meeste besoekers nog ooit in Parys. Dink net hoeveel geld van buite is in ons dorp spandeer!
As inwoners het ons van die aktiwiteite bygewoon, met hoogtepunte soos onder andere, “Die Drie Reisigers” by Stonehenge, een van die Safari-etes, die kunsuitstallings met puik plaaslike kunstenaars, en die Hartelusmark / Kuns op die Oewer.
Die Safari-ete aangebied deur die bekwame en vriendelike personeel van Epilepsie SA, was ’n  belewenis wat ’n  mens trots op Parys en sy mense laat voel het. Gary en Keri se entoesiasme vir hul werk is indrukwekkend. En het ons nie lekker nuwe vriende op die trekker en sleepwa gemaak nie!
Die enigste negatiewe aspek van die fees was dat die munisipaliteit nie sy deel gedoen het nie. Die dorp was, soos altyd, vuil, vullissakke op elke straathoek, lang gras op die sypaadjies, stukkende straatlige en boonop die waterprobleme.  Miskien kan ons hulle volgende jaar wakker skud!
Sien reeds uit na 2019 se fees!

* As jy vanjaar se Parys Kunstefees bygewoon het , sal die organiseerders graag jou terugvoer wil hoor. Alle inligting sal anoniem en konfidensieel hanteer word. Volg asseblief die skakel en voltooi die opname. Jou mening maak saak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button