NewsNews

Negentien voertuie in drie dae gestrand weens slaggate

“Dié gebied is deel van die ANC-beheerde Emfuleni. Die paaie is ‘n teken van die swak diens wat ons van die ANC ontvang”

Die remmerke kan hier duidelik gesien word waar een van die voertuie groot skade opgedoen het nadat die bestuurder deur ‘n slaggat gery het – Foto’s met vergunning van Chris Smuts & Rudy Francis

VEREENIGING. – Bestuurders en insittendes van minstens nege voertuie was onlangs in die omgewing van Blackwoodstraat en Ringweg in Drie Riviere gestrand nadat hulle in ‘n kwessie van twee ure deur diep slaggate in dié twee paaie gery het. Twee dae later is 10 voertuie binne vier ure in dieselfde gebied beskadig.

Die skokkende toestand van die paaie word duidelik aangetoon in ‘n video wat ‘n inwoner van Risiville, Frikkie Prinsloo, op 26 Maart op sosiale media gedeel het. Toe die video geneem is, het drie van die voertuie steeds in Ringweg gestaan. ‘n Entjie verder nóg vier. Al die bestuurders was in die proses om hul beskadigde bande te probeer herstel. Sommige van die voertuie kon nie daar reggemaak word nie en moes deur insleepdienste opgelaai en na herstelplekke vervoer word.

“Dié gebied is deel van die ANC-beheerde Emfuleni. Die paaie is ‘n teken van die swak diens wat ons van die ANC ontvang,” sê Prinsloo in sy video.

‘n Voorstel om Blackwoodstraat en die direkte omliggende gebied, wat tans in die Emfuleni-munisipaliteit val, by die Midvaal-munisipaliteit in te lyf, is tans ter tafel by die Afbakeningsraad.

Inwoners sê dit is ‘n daaglikse gebeurtenis dat voertuie hier beskadig word, veral van motoriste wat nie die omgewing en die “valstrikke” ken nie. Remmerke op die pad kan hier duidelik gesien word.

Foto onder: Een van die beskadigde voertuie se band en wielvelling nadat dit ‘n slaggat getref het. Foto’s: Rudy Francis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button