NewsNews

Hier’s waarna jy kan uitsien by die Parys Kunstefees dié naweek

Sien jou by Parys Kunstefees hierdie naweek.

As jy nog nie jou kaartjie het vir Jak de Priester se optrede by O’s Restaurant in Parys nie, moet jy gou spring. Kaartjies verkoop vinnig en kos slegs R120 per persoon. Die vertoning begin 18:00. Kaartjies kan aanlyn by www.parysartsfestival.co.za gekry word of skakel (056) 811 4000.

Hierbenewens wag ‘n musiekbelewenis op Parys en besoekers aan die dorp soos nog nooit tevore gesien is nie. Maak seker jy is Saterdagoggend in die omgewing van die Checkers-parkeerterrein in Philipstraat asook in die dorp se hoofstraat tussen Father Balink en Middelstraat.

By Jimmy Jaggers Restaurant in Breëstraat sal daar tussen 10:00 en 14:00 lewendige musiekvertonings wees waaronder The Voice kunstenaars en ander groepe.

Vanaf 12:00 tot 20:00 kan daar op die rivieroewer by Egweni gekuier word met lekker lewendige musiek van The Voice asook drie groot groepe van die NWU se Potchefstroom-kampus en DJ Webster vir die jonges van gees. Pak jou piekniekmandjie en kom kuier saam.

By Egweni is daar twee opvoerings Saterdag – Overbergse stories en die hoogs aangeskrewe “You suck en ander afgryslike waarhede” vertoning wat benoem is vir die Fleur de Cup prys, en pas ook vir die Kanna-toekenning by KKNK.

Maak seker jy mis nie die hoogtepunte vir die afsluiting van Parys se eie kunstefees wat Sondag ten einde loop.

Related Articles

Back to top button