CommunityNews

Perdepan – ‘n voëlparadys

Feathers-voëlklublede het in Maart die plaas Mizpah, ongeveer 50 kilometers vanaf Parys tussen Vredefort en Kroonstad, besoek.

Dit was nat na die vorige dae se lekker reën en dit het gly-gly gegaan tot by die groot pan wat van die verbypad af gesien word. Die pan wat in die Anglo-Boereoorlog as Perdepan bekend was, is ’n voëlparadys en die klub het die oggend baie geniet.
Vir die fotograwe was die voëls ongelukkig bietjie ver van die kant af, maar is daar nogtans 59 spesies geïdentifiseer en aangeteken.
Die voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 19 April om 18:30 by die Sally Martin Park saal.
Jan Fourie sal by die geleentheid sy kennis en foto’s van die watervoëls van Suid-Afrika kom deel. Die jaar het op ’n baie interessante noot vir die Feathers-klub begin.
Die klub het reeds drie nuwe plekke tydens hul uitstappies besoek, en Ronel Mouton het hul genooi na die plaas Doringbos op 21 April  – nog ’n  nuwe plaas wat klublede nog nie voorheen besoek het nie. Doringbos is op die Potchefstroom-pad ongeveer 8 kilometer van die dorp af.
Almal wat belangstel in die voëls van die omgewing, is welkom om saam te gaan. Die klub vertrek om 06:30 vanaf die Pick ’n  Pay parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam. Anti-goggagoed en ’n hoed kan ook handig wees.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by (056) 817 6031 of 083 625 8100, vir meer inligting oor die klub, byeenkomste en uitstappies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button