NewsNews

Net een oorleef na gru-ongeluk buite Ventersdorp

Agt mense is gisteraand dood in ‘n ongeluk tussen Ventersdorp en Derby.

Agt mense is dood waarvan vyf onherkenbaar verbrand is nadat ʼn bakkie en ʼn minibus gisteraand tussen Derby en Ventersdorp gebots het.

Volgens polisiebeamptes wat op die toneel was, het beide die voertuie aan die brand geslaan kort na die ongeluk plaasgevind het. Daar is eers sewe mense op die toneel dood verklaar waarvan vyf so erg verbrand is dat hulle onherkenbaar was. Twee pasiënte is na die naaste hospitaal geneem, maar een het met aankoms by die hospitaal gesterf. Die tweede pasiënt is stabiel.

Volgens die Noordwes Departement van gemeenskapsveiligheid was daar twee mense in die bakkie wat op pad was na Derby vanaf Ventersdorp en die minibus, met sewe mense, het in die teenoorgestelde rigting gery.

Daar is net een oorlewende. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie maar die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button