NewsNews

Só onthou ek Lood Venter

Die begrafnisdiens van Lood Venter sal gehou word op Woensdag 11 April om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Parys.

Die geskiedenis van die ontstaan en ontwikelling van Parys is so kleurryk soos sy mense. Maar dit is veral die naam van Lood Venter wat jy telkens raaklees as jy deur die geskiedenisboeke blaai. ’n  Man wat vir 72 jaar deel was van die dorp,  en wat op Dinsdag 3 April op 92-jarige ouderdom gesterf het.

Só onthou een van sy vriende, Danie Schoeman, hierdie merkwaardige man :
“Op Dinsdagaand 3 April het die welbekende oom Lood Venter stil heengegaan.
Hy was oud, klein, maer en moeg. Gereed om te gaan.
Ek was bevoorreg om oom Lood as vriend te kon hê en hom goed te leer ken.
Hy het afgestam uit ’n  voorgeslag wat diep spore in kerklike kringe en die volkspolitiek van die negentiende eeu getrap het. ’n  Gebore Vrystater streng gelowig, volksman, kultuurman, natuurliefhebber en bewaarder, historikus, boer, sakeman, verkoper van plase oor die hele land heen. In besit van ’n  verstommende algemene kennis en storieverteller van formaat.
Wys my iemand wat nie verwonderd gestaan het oor sy vermoë om vlot en met uitgebreide kennis oor enige onderwerp onder die son te kon praat nie.
Ek betuig my innige meegevoel met oom Lood se heengaan aan tannie Dina sy kinders, kleinkinders en familie.
Hier is sy plek leeg, maar ons onthou hom vir wie hy was.”

  • Lees ook die huldeblyk aan oom Lood in hierdie week se Parys Gazette.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button