NewsNews

Stof het nog nie gaan lê oor Facebook-debakel

Volgens alle aanduidings is omtrent 60 000 Suid-Afrikaners geraak deur die omstrede konsultasiefirma, Cambridge Analytica, wat toegang verkry het tot die data van ten minste 87 miljoen gebruikers van die sosiale platform, Facebook.

Luidens Netwerk 24 het die skandaal in 2015 begin toe ’n  sielkundedosent, dr. Aleksandr Kogan ’n  selfoontoepassing, “thisisyourdigitallife” geskep het wat deur duisende mense wêreldwyd geïnstalleer is en op die manier Kogan toegang gegee het tot hul inligting en inligting van Facebook vriende.
Luidens Netwerk 24 het ’n  woordvoerder van Facebook in Suid-Afrika gesê dat 33 mense in Suid-Afrika die toepassing afgelaai het waardeur toegang gekry is tot 59 777 plaaslike gebruikers se data.
Netwerk 24 berig verder dat Facebook ook verlede week erken het dat die meeste van sy 2 miljard gebruikers wêreldwyd se data op een of ander wyse kwesbaar was as gevolg van ’n  fout met sy stelsel. Sekuriteitsopgraderings is egter intussen gedoen.

Bron: Netwerk 24

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button