NewsNews

Drie voertuie die afgelope week in Parys gesteel

In net meer as ’n week is drie voertuie in Parys gesteel. In die jongste voorval Saterdag is ’n Ford Ranger op die parkeerterrein voor ’n koffiewinkel in Breëstraat gesteel. Daar was twee vuurwapens in die voertuig.

Woensdagaand 4 April is ’n  Toyota Yaris voor die NG gemeente Parys-Oos gesteel is. Net die week tevore is ’n Uno by die Danie Fourie-woonstelle in Father Balink straat gesteel.
Volgens die polisie is daar ook ’n  Nissan 1400 en Hilux bakkie gedurende Maart in die dorp gesteel. Al 5 voertuie is steeds soek.
Dit wil lyk asof dit meer ouer voertuie is wat geteiken word. Meeste van die voertuie is gesteel op plekke waar daar heelwat beweging is en terwyl dit nog helder dag was.
Die polisie waarsku ook dat inbrake by besighede in veral Breëstraat die afgelope week skerp gestyg het. Binne die bestek van net meer as ’n  week is minstens 6 sake gerapporteer.
Diefstal van skape in veral die Wolwehoek-omgewing het ook die laaste week toegeneem.
Mense word gevra om asseblief enige verdagte voertuie of bewegings dadelik by die polisie te rapporteer. Geen inligting moet as waardeloos beskou word nie.
Onthou ook om gereeld jou alarmstelsel by die huis of besigheid te toets, en maak seker jy laat nie waardevolle items in jou motor nie, en dat dit te alle tye gesluit is. Misdadigers is baie uitgeslape en laat nie kans verbygaan nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button