NewsNews

Bloedskenk: Parysenaars het môre geleentheid

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi Parysenaars om bloed te skenk in Parys op Dinsdag 10 April by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.

 

 

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag.  Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16-65 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • Iets voor jou skenking eet
  • ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van skenking

Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button