NewsNews

Paaskantate volgende Sondag hier gehoor

Paaskantate 2018 word op Sondagmiddag 15 April om 15:30 vir 16:00 in die Hervormde Kerk Parys, h/v Loop- en Paulsenstraat, aangebied.

Kaartjies kos slegs R50 en is beskikbaar by koorlede, Ina Smook (082 732 2454), Kiki’s, La Vie & Rose in Breëstraat, of op die webwerf www.parysartsfestival.co.za.  Kyk gerus ook na Parys Arts Festival se Facebookblad.  Vanjaar se Paaskantate vorm deel van Parys se kunstefees.
‘n  Kantate is musiek met ’n  godsdienstige inhoud. Met die Kantate word die Paasgebeure met woord en lied gedenk, en vorm ’n musikale voorprogram (Overture) deel van die Paasuitvoering.  Van die uitvoerende kunstenaars sluit in Imker en Elsie Hoogenhout van Vereeniging (orrel en dwarsfluit), soliste Chris Mostert (tenoor) en Linette van der Merwe (mezzo sopraan), en Parysenaar Marli Kruger as orrelis. Die koor is onder leiding van Ina Smook en is saamgestel uit lidmate van verskeie gemeentes in Parys en  omgewing.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button