NewsNews

Uitsonderlike ArtDog pret in Parys : Viervoete verf hul eie kunswerk

Dit wil gedoen wees! Meer as 150 honde en hul baie geesdriftige eienaars op 'n vroegoggend stappie deur Parys se strate.

Sommige selfs opgedoilie in kleurvolle jassies, netrompies en selfs feetjievlerke. Hoe ookal – die ongelooflike pret en geesdrif waarmee daar vanoggend deelgeneem is aan ‘n eerste en baie unieke ArtDog stap deur Parys se strate  waartydens elke hond sy pootafdruk op ‘n skilderdoek kon maak, het die weg gebaan vir ‘n eiesoortige kuns in hierdie kunstenaarsdorpie wat die afgelope naweek uit sy nate gebars het.

Mense wat van heinde en verre gekom het om te kon deelneem aan die dorp se eerste kunstefees wat nog tot 15 April duur. Oral langs die pad was daar snoephappies vir die honde en selfs pryse wat gewen kon word.

Die stap saam met die honde is so geniet dat deelnemers beslis nie haastig was om huistoe te gaan nie. Die skilderdoek sal nou deur kunstenaar Hennie Kruger onder hande geneem word wat dit sal verewig in ‘n skildery wat dié unieke gebeurtenis in Parys sal vasvang. Die inskrywingsgeld was ten bate van die DBV en die skilderdoek sal ook ten bate van die DBV opgeveil word.

Dankie aan al die organiseerders en borge vir ‘n skitterende en uitsonderlike geleentheid.

Maak seker jy beleef die kunste in Parys. Kyk op die webwerf www.parysartsfestival.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button