NewsNews

Jong pasiënte speel hul rol oortuigend

Twee twaalfjarige seuns van Parys Primêre skool, Robert Bester en Herman Steyn, was verlede week deel van die grootskaalse nood simulasie oefening op die N1 naby die Greenlands-brug.

Die oefening is deur Sasol in samewerking met SANRAL en Vrystaatse nooddienste asook ander rolspelers gedoen om met ‘n nagebootste werklikheidssituasie in ‘n beheerde omgewing die effektiwiteit van streeks noodreaksie dienste te toets in geval van ‘n voorval waar Sasol chemikalieë voervoer sou word.

Die toneel wat nageboots was, was ‘n botsing tussen twee tenkwaens wat sodium sianied oplossing en ethanol vervoer het, en ‘n ligte voertuig. Beide kante van die pad was vir die oefening gesluit met alternatiewe roetes wat beskikbaar was vir motoriste.

Dié twee jong knapies het hul rol baie oortuigend gespeel en was van groot hulp om die situasie so werklik moontlik te kon uitbeeld vir die doel van die nooddiens simulasie oefening.

Related Articles

Back to top button