NewsNews

Provinsie skuld R919 miljoen aan Vrystaatse munisipaliteit

Die ANC-regering kniehalter munisipaliteite deur toe te laat dat provinsiale regerings miljarde aan munisipaliteite skuld vir elektrisiteit- en watervoorsiening, erfbelasting en tariewe.

 

Die Vrystaat se provinsiale departemente is die grootste sondebokke in die land as dit kom by uitstaande skuld aan die onderskeie munisipaliteite met ʼn allemintige 25% van die totale R3.7 miljard wat deur die land se provinsies geskuld word.  Hierdie uitstaande bedrag beloop nagenoeg R919 miljoen.

 

Die Vrystaat gaan reeds gebuk onder die swakste plaaslike regering in die land met drie munisipaliteite wat gedurende die afgelope 12 maande onder administrasie geplaas is en gereelde beurtkrag-dreigemente deur Eskom oor die nie-nakoming van afbetalingsooreenkomste wat tussen munisipaliteite en die kragvoorsiener aangegaan is. 

 

Munisipaliteite en die provinsiale regering kan nie van verbruikers verwag om hul elektrisiteitsrekeninge op datum te hou as die regering self nie hul rekeninge betaal nie, het die Vrystaat Front Plus vandeesweek in ‘n verklaring gesê.

 

Die party sê provinsiale regerings moet ʼn voorbeeld aan plaaslike regerings stel. Dit is daarom onaanvaarbaar dat sulke uitstaande bedrae deur departemente geskuld word. 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button