NewsNews

Ongeveer tien gevalle van Duitse Masels by die PUK bevestig

Daar is verlede week sowat 10 laboratorium bevestigde gevalle van Duitse masels op die PUK-kampus bevestig.

 

“Ons gesondheidsdienste was in kontak met prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes (NICD), en daar is konsensus dat hierdie voorkomste van Duitse Masels nie ‘n wesenlike gevaar inhou wat noodsaak dat die kampus sluit nie,” sê hy.

Volgens die verklaring begin Duitse Masels gewoonlik soos ‘n verkoue (en is reeds dan aansteeklik), en na vyf dae is daar ‘n vel-uitslag wat tipies by die kop begin en dan oor die romp en ledemate versprei. Studente wat hiermee deur middel van bloedtoetse positief gediagnoseer word, moet vir ongeveer 7-10 dae geïsoleer word en liefs huis toe gaan indien moontlik.

“Studente en personeel word opnuut aangemoedig om hulle teen Duitse Masels te laat inent (MMR-entstof), ‘n inenting wat vir volwassenes ten minste elke tien jaar herhaal moet word.”

“Weet vir seker dat ons enige verwikkeling in hierdie verband onmiddellik sal kommunikeer,” sê hy.


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button