NewsNews

Bejaarde vermoor in Orkney

Die lyk van ‘n 78 jarige vrou is Maandag (19 Maart) omstreeks 13:00 in haar huis in Orkney gevind. Die polisie is tans besig om die moord en beweerde verkragting te ondersoek.

 

Maroela media berig dat die vrou se kinders en kleinkinders begin onraad vermoed het, nadat hulle haar nie op haar selfoon of die landlyn in die hande kon kry nie.

Volgens ao Elize Kruger, polisiewoordvoerder in Orkney, het bure na die vrou se huis gegaan waar hulle gesien het dat die voordeur oop is. Nadat hulle ondersoek in gestel het, het hulle die vrou se liggaam in die stort aangetref het.

Sy was met skoenveters vasgebind en is na bewering verwurg. ‘n Geregtelike doodsondersoek sal egter die oorsaak van haar dood  moet bepaal.

Intussen is ʼn taakspan aangewys om die saak te ondersoek. ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur om die verdagte of verdagtes te vind.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, huisroof en verkragting. Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die misdaad nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button