NewsNews

Akkers te waardevol om te mors

Thomas Muswede (middel) van die parkeafdeling en twee van die werklose mense wat help akkers optel. Foto: Marianke Saayman ’n Besigheid in Pretoria het besluit dat die akkers wat van die eikebome in Potchefstroom afval en gewoonlik as tuinvullis weggegooi word, te waardevol is om te mors. Yung Duk Yon, ’n Koreaanse besigheidsman wat vyf …

Thomas Muswede (middel) van die parkeafdeling en twee van die werklose mense wat help akkers optel. Foto: Marianke Saayman

Thomas Muswede (middel) van die parkeafdeling en twee van die werklose mense wat help akkers optel. Foto: Marianke Saayman

’n Besigheid in Pretoria het besluit dat die akkers wat van die eikebome in Potchefstroom afval en gewoonlik as tuinvullis weggegooi word, te waardevol is om te mors.

Yung Duk Yon, ’n Koreaanse besigheidsman wat vyf jaar gelede na Suid-Afrika verhuis het en sy eie besigheid begin het, sê dat akkers soveel meer werd is as wat mense dink. Hy het vir vyf jaar die voordele en gebruike van akkers bestudeer en het toe gehoor dat Potchefstroom die langste eikelaning in die land het. Hy het toe besluit om met Thomas Muswede van die stadsraad se parkeafdeling te praat oor die moontlikheid dat hy akkers in Potchefstroom kan kom optel vir sy projek.

Vir die volgende drie maande, met die hulp van ’n paar werklose Potchefstromers, word akkers wat uit die bome geval het, al langs die eikelaan opgetel. Hierdie akkers word dan fyngemaak en vir verskeie gebruike aangewend. Een van hierdie gebruike is om water mee te suiwer.

Thomas Muswede (middel) van die parkeafdeling en twee van die werklose mense wat help akkers optel. Foto: Marianke Saayman

Thomas Muswede (middel) van die parkeafdeling en twee van die werklose mense wat help akkers optel. Foto: Marianke Saayman

Muswede sê dat die akkers tot nou toe nog weggegooi is, want mense beskou dit as tuinvullis. “Hierdie is ’n manier waarop die akkers eerder gebruik kan word om ’n ander doel te verrig,” sê hy.

Potchefstromers wat betrokke wil raak met die optel van akkers, is welkom om Muswede te skakel. Mense wat langs die eikelaan woon, en akkers in hul erwe het, kan Muswede ook skakel. “Ons kan vir hulle sakke gee waarin hulle die akkers kan gooi.

Dan kan hulle dit voor hul erwe vir Duk Yon los, sodat hy dit dan weer kan neem vir hergebruik,” sê hy.
Skakel Muswede by 018 299 5444/5704

Related Articles

Back to top button