NewsNews

Word jou kind geboelie? Hier is die tekens

Word jou kind dalk geboelie by die skool? Daar is baie tekens wat ‘n kind toon wat moontlik kan dui daarop dat jou kind ‘n slagoffer van boeliegedrag is. Illustrasiefoto: Herald Sun Prof. Pieter Joubert, ‘n sielkundige in Potchefstroom haal navorsing aan wat in 2012 deur Unisa gedoen is oor boeliegedrag by skole. 3 371 …

Illustrasiefoto: Herald Sun

Illustrasiefoto: Herald Sun

Prof. Pieter Joubert, ‘n sielkundige in Potchefstroom haal navorsing aan wat in 2012 deur Unisa gedoen is oor boeliegedrag by skole. 3 371 leerders was deel van die navorsing. Hy sê dat 38,4% van die kinders slagoffers is van fisieke boeliegedrag, 55,3% is slagoffers van emosionele treitering en 16,9% is slagoffers van treitering deur sosiale media soos Facebook, WhatsApp en Twitter. Verdere resultate toon dat 32,2% van die kinders tydens skooltyd in die klaskamers geboelie word en 29,3% na skool geboelie word.

In ‘n artikel wat in 2012 deur Michele Borba, ‘n internasionaal bekende opvoedkundige sielkundige en ouerskap- en boeliekenner, gepubliseer is, sê dat hierdie die tekens is wat moontlik wys dat ‘n kind geboelie word: 

• Fisiese merke, snye en skaafplekke wat nie verduidelik kan word nie.

• Speelgoed, skryfbehoeftes, klere, snoepiegeld of kos wat wegraak.

• Speelgoed, elektroniese toebehore of boeke wat beskadig word of geheimsinnig wegraak.

• Wanneer die kind gereeld nie wil skool toe gaan of aan ander aktiwiteite saam met sy portuurgroep wil bywoon nie.

• Wanneer ‘n kind skielik baie ouervas is en bang is om alleen gelaat te word.

• Wanneer ‘n kind skielik homself begin onttrek van ander maats.

• ‘n Verandering in die kind se tipiese gedrag of persoonlikheid.

• Die kind kom gereeld hartseer voor en het gemoedswaaie, is kwaad, angstig of depressief sonder enige ooglopende redes.

• Wanneer ‘n kind gereeld kla van hoofpyn of maagpyn.

• Wanneer ‘n kind sukkel om te slaap, gereelde nagmerries kry of skielik bed begin natmaak.

• Wanneer ‘n kind se eetgewoontes skielik verander.

• Wanneer ‘n kind begin om jonger boeties of sussies af te knou.

• Wanneer ‘n kind nie die skool badkamers wil gebruik nie (hierdie kan ‘n boelie-teikengebied wees).

• Wanneer ‘n kind skielik minder vriende het of nie meer tyd saam met sy vriende wil spandeer nie.

• As die kind gereeld honger by die huis kom (boelies vat soms slagoffers se snoepiegeld of toebroodjies).

• Wanneer ‘n kind se punte skielik aansienlik baie begin afneem.

• Wanneer ‘n kind voel asof hy nie goed genoeg is om ‘n sekere ding te doen of te behaal nie.

• Wanneer ‘n kind sê dat hy hulpeloos voel of nie meer wil lewe nie.

• Wanneer ‘n kind wil weghardloop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button