NewsNews

Kyk net so ‘n pynappel!

Té goed om waar te wees? Dié pynappel staan in ’n pot op die agterstoep van mnr. Jan Botha. Die Bothas het in 2014 in Port Alfred gaan afree waar hulle die Big Pineapple proefplaas naby Bathurst ontdek het. Op ’n  dag is hulle en familie na die proefplaas waar hulle van die heerlike soetste …

Té goed om waar te wees? Dié pynappel staan in ’n pot op die agterstoep van mnr. Jan Botha. Die Bothas het in 2014 in Port Alfred gaan afree waar hulle die Big Pineapple proefplaas naby Bathurst ontdek het. Op ’n  dag is hulle en familie na die proefplaas waar hulle van die heerlike soetste pynappels waaraan jy kan dink, geproe het. ’n  Tante van mnr. Botha het die koppe van 2 van die pynappels afgesny en dit sommer so tussen sy amaryllas  in potte ingedruk. Verlede jaar September het die eerste pynappel sy verskyning gemaak. Sodra die plant gedra het, maak hy lote en vrek. Hy het die plant se lote vir die nuwe huiseienaars gelaat, maar die ander een het saamgetrek Parys toe einde September 2017. Groot was die Bothas se verbasing toe daar middel Oktober weer ’n klein pynappeltjie verskyn het. Kort daarna het die hael die plant geslaan en het hulle gedink dis verby met die pynappel. Toe nie – ten spyte daarvan dat hierdie nie regtig pynappel-wêreld is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button