NewsNews

Een van Michelle se moordenaars reeds gevonnis

VANDERBIJLPARK. – Een van die beskuldigdes wat aan die moord op ‘n geliefde polisievrou en stigter van die Jessica’s Wall of Life skuldig bevind is, is pas vir 30 jaar tronk toe gestuur. Ao. Michelle Stephenson (44) se liggaam is op 15 November 2016 omstreeks 08:30 deur twee kollegas en ‘n buurman in haar huis …

VANDERBIJLPARK. – Een van die beskuldigdes wat aan die moord op ‘n geliefde polisievrou en stigter van die Jessica’s Wall of Life skuldig bevind is, is pas vir 30 jaar tronk toe gestuur.
Ao. Michelle Stephenson (44) se liggaam is op 15 November 2016 omstreeks 08:30 deur twee kollegas en ‘n buurman in haar huis gevind. Een van haar honde het by haar op die bed gelê. Ses dae na die moord op Michelle is twee verdagtes na ‘n intensiewe soektog deur die polisie aangekeer.
Een van die beskuldigdes is die tuinier, Buli Samuel Mafojane, wat ten tyde van Michelle se dood by haar gewerk het. Die verdagtes het verskeie kere in die hof verskyn, en na meer as ‘n jaar het die verhoor  in die Palm Ridge-hof in Alberton begin. Michelle se dogter, Kashenka, het die hofsaak elke dag bygewoon. Die saak het Maandag 5 Maart begin en tot Donderdag geduur. Mafojane het skuldig gepleit op ‘n aanklag van moord, twee van verkragting, huisbraak, diefstal en die besit van gesteelde goedere. Sy pleit is aanvaar en hy is verlede Dinsdag, 6 Maart vir 30 jaar tronk toe gestuur. Hy het ook daarna in die saak teen die ander beskuldigde, Elliot Simon Mokgemi, getuig. Hulle was afsonderlik in aanhouding –  een  in Johannesburg Sentraal-gevangenis en die ander een by  Leeuhof in Vereeniging. Die saak teen Mokgemi  word dié week voortgesit. * Wyle Michelle was die stigter van die genoemde inisiatief waar ma’s van ongewenste kinders hul babas anoniem in ‘n sluitkassie by Cormed-hospitaal kan los, waarna personeel die kassie oopsluit en die baba versorg. ’n Tweede Jessica’s Wall of Life is later by die Danté Chan-sentrum in Vanderbijl ingerig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button