NewsNews

Pad weer oop ná onrus oor werksgeleenthede

Die Parys/Koppies-grondpad by die kruising tussen die Schonkenville en Tumahole woonbuurte is nou weer oop nadat sowat 60 inwoners van Tumahole die pad vroeg vanoggend met brandende bande en ander voorwerpe vir verkeer versper het. Die ontevredenes het ge-eis dat hulle volgens ‘n vooraf opgestelde lys wat vroeër al oorhandig is, in diens geneem moet …

Die Parys/Koppies-grondpad by die kruising tussen die Schonkenville en Tumahole woonbuurte is nou weer oop nadat sowat 60 inwoners van Tumahole die pad vroeg vanoggend met brandende bande en ander voorwerpe vir verkeer versper het. Die ontevredenes het ge-eis dat hulle volgens ‘n vooraf opgestelde lys wat vroeër al oorhandig is, in diens geneem moet word deur die kontrakteur Razmataz wat besig is met die opgradering van die pad. Lede van die polisie se Openbare Orde Polisiëring het die situasie deurentyd gemonitor.

Daar is pas ‘n ooreenkoms bereik dat 30 van die inwoners gekies sal word volgens ‘n lootjieproses op grond van ID nommers en word verkeer weer deurgelaat. Die situasie is kalm maar ‘n saak van openbare geweld word deur die polisie geopen.

 

 

 

Related Articles

Back to top button