NewsNews

Onderwyser ondersoek weens beweerde seksuele misdryf

’n Beweerde seksuele misdryf met ’n minderjarige word teen ’n laerskoolonderwyser van Potchefstroom ondersoek. Illustration photo Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het twee 14-jarige seuns, wat nie in dié laerskool is nie, Sondag 18 Februarie saam met die onderwyser gaan visvang. Met hulle terugkeer het hy een van die seuns by die huis gaan aflaai, …

police,saps

Illustration photo
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het twee 14-jarige seuns, wat nie in dié laerskool is nie, Sondag 18 Februarie saam met die onderwyser gaan visvang.
Met hulle terugkeer het hy een van die seuns by die huis gaan aflaai, waarna hy die ander een na sy eie huis genooi het.
“Die seun was eers huiwerig, maar is later deur die man omgepraat. Die man het die badkamer gebruik, waarna hy slaapkamer toe is. Hy het toe die seun na die slaapkamer geroep. Hy het sy klere uitgetrek en aan die seun begin vat, waarna hy die seun gevra het om ook aan hom te vat,” het Manyoba gesê.
Volgens haar het die seun ongemaklik gevoel, waarna hy ’n saak by die polisie aangemeld het.
’n Saak van seksuele aanranding word ondersoek.

Related Articles

Back to top button