NewsNews

‘Een trek jou aandag af terwyl die ander steel’

“Maak seker jou voertuig se deure is gesluit en moenie vir vreemdelinge oopsluit nie”, sê kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder. Illustration photo “Een verdagte trek jou aandag af terwyl die ander die deur oopruk om iets soos ’n handsak of selfoon te gryp,” sê Chaka. Die jongste voorval het in Walter Sisulurylaa, Potchefstroom, plaasgevind. Volgens Chaka …

police,saps

Illustration photo

“Een verdagte trek jou aandag af terwyl die ander die deur oopruk om iets soos ’n handsak of selfoon te gryp,” sê Chaka.
Die jongste voorval het in Walter Sisulurylaa, Potchefstroom, plaasgevind. Volgens Chaka het ’n vrou haar voertuig in die straat parkeer waar sy vir haar kêrel gewag het. Volgens hom het ’n man verbygeloop, die deur oopgemaak en dit daarna weer dadelik toegeslaan.
Die man het dit herhaaldelik gedoen waarna die vrou op hom begin skree het.
“Terwyl haar aandag op hom was, het ’n ander man die voertuig se ander deur oopgemaak, en drie selfone uit die voertuig gegryp,” het Chaka gesê.
Beide verdagtes het gevlug.
Chaka het inwoners weer gewaarsku om ten alle tye hulle voertuig se deure gesluit te hou.
Chaka het inwoners toe ook gewaarsku om liewer na ’n veilige plek te ry en daar seker te maak of daar fout met jou voertuig is al dan nie

Related Articles

Back to top button