NewsNews

Pasgebore baba langs pad in reën gelos

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore babadogtertjie deur ‘n polisiebeampte gevind is toe hy op pad werk toe was. Kapt. Molete en ‘n vrou by die babatjie. Foto: Maroela Media Volgens sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder het kapt. Johannes Molete van die Boithuso-polisie in Botshabelo die baba onder ‘n …

Kapt. Molete en ‘n vrou by die babatjie. Foto: Maroela Media

Volgens sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder het kapt. Johannes Molete van die Boithuso-polisie in Botshabelo die baba onder ‘n baadjie in ‘n oop ruimte langs die pad gevind. ‘n Taxibestuurder het kapt. Molete voorgekeer en ingelig dat hy iets opgemerk het wat in ‘n baadjie toegedraai is.

Toe kapt. Molete ondersoek instel en die baadjie oplig het die babadogtertjie daar gelê. Sy was sopnat omdat dit die hele aand gemotreën het. Haar naelstring was nog aan haar en ook bloed.

Sy is dadelik na ‘n plaaslike hospitaal geneem en in ‘n goeie toestand.

Related Articles

Back to top button