NewsNews

Nou hoe nou met slimmeters en Eskom-skuld?

“Van die beloofde Eskomskuldkrisis taakspan vergadering, waar dié veelparty span volledige inligting sou kry oor die implementering van ‘n sogenaamde ‘betalingsplan’ waaroor amptenare blykbaar met Eskom ooreengekom het, het niks van gekom nie.” Só sê rdl. Philip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus wat ook een van die taakspanlede is. Dit nadat Ngwathe burgemeester, …

“Van die beloofde Eskomskuldkrisis taakspan vergadering, waar dié veelparty span volledige inligting sou kry oor die implementering van ‘n sogenaamde ‘betalingsplan’ waaroor amptenare blykbaar met Eskom ooreengekom het, het niks van gekom nie.”
Só sê rdl. Philip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus wat ook een van die taakspanlede is.
Dit nadat Ngwathe burgemeester, rdl. Joey Mochela, se taakspan verlede maand kortliks en informeel ontmoet het vir die eerste keer in ses maande.
Volgens Van der Merwe werp die ooreenkoms  blykbaar lig op onder meer die finansieringsmodel vir nuwe ‘slimmeters’ met Eskomgeld. Hy sê omdat die vergadering nie gehou is nie, verkeer raadslede steeds in die duister oor presies hoe effektief die proses tans bestuur word.
DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, die ander opposisielid van die taakspan, sê dis jammer dat vergaderings nie plaasvind soos onderneem word nie.
“Die munisipale bestuurder het ons vroeër ingelig dat inwoners weerstand bied teen die nuwe ‘slimmeters’, soveel so dat installering daarvan blykbaar tot stilstand gedwing is.”
Hy sê raadslede en die publiek het meer volledige inligting nodig, nie alleen oor hoe beplan word om teenstand te ontlont nie, maar ook waarom ‘slimmeters’ as die oplossing gesien word.  “Talle vrae hang nou in die lug, byvoorbeeld presies hoeveel nuwe meters is aangekoop, hoeveel daarvan geïnstalleer is, en of daar enige verbetering in invorderings was voordat die projek gestaak is?”
Rdl. Phillip van der Merwe sê hy is “uiters bekommerd” omdat Ngwathe se amptenare ‘n swak rekord het as dit by die bestuur van sulke projekte kom. Hy vrees dat as ekstra inkomste uit die nuwe meters nie realiseer nie, die afbetaalplan aan Eskom in duie mag stort. “Dan dreig Eskom ons weer met beurtkrag.” Sowel hy as rdl. Schoonwinkel het eergister weer die burgemeester versoek dat die taakspan dringend moet byeenkom.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button