NewsNews

Jou bloed en ondersteuning vir Kansa is só nodig

   Kanker raak soveel van ons – of dit jyself, iemand in jou familie of iemand naby aan jou is. Kom wys jou ondersteuning vir ‘n kankeroorwinnaar en neem deel aan die jaarlikse KANSA Shavathon saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) op Dinsdag 13 Maart by die Hervormde Kerksaal, Parys, h/v Loop en Paulsenstraat  …

 

 Kanker raak soveel van ons – of dit jyself, iemand in jou familie of iemand naby aan jou is.

Kom wys jou ondersteuning vir ‘n kankeroorwinnaar en neem deel aan die jaarlikse KANSA Shavathon saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) op Dinsdag 13 Maart by die Hervormde Kerksaal, Parys, h/v Loop en Paulsenstraat  vanaf 13:00 – 19:00.

 

Skenkers word uitgenooi om die dag te ondersteun deur ‘n eenheid bloed te skenk waarmee tot 3 lewens gered kan word.  Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel wat byna 300 lewens kan red.

 

Die gemeenskap van Parys word ook uitgenooi om terselfdertyd Kansa te ondersteun deur hul hare te skeer of te sprei om fondse in te samel vir Kansa.

 

Nagenoeg 27% van bloed wat geskenk word, word juis gebruik vir mediese gevalle, bv. kankerbehandeling en 10% van bloed vir pediatriese gevalle, byvoorbeeld Leukemie.

 

Bloedskenkers skenk nie net bloed nie. Jou bydrae maak stories van hoop ‘n realiteit.

 

Om ’n bloedskenker te wees, moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees;• Meer as 50kg weeg •’n Veilige seksuele leefstyl lei • Gesond wees op die dag van jou skenking
  • ʼn Maaltyd genuttig het voordat jy bloed skenk.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button