NewsNews

Jesus se Lydensweg met Passiespel gedenk

Die Paasfeesvertelling Amazing Grace, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG-gemeente Suikerbos opgevoer VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling Amazing Grace, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG-gemeente Suikerbos opgevoer. Dit vind hierdie jaar op 20, 21 en 22 Maart by die kerk in Drie Riviere-Oos plaas. Dit is hierdie jaar ‘n gemeenskapsprojek …

VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling Amazing Grace, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG-gemeente Suikerbos opgevoer. Dit vind hierdie jaar op 20, 21 en 22 Maart by die kerk in Drie Riviere-Oos plaas.

Dit is hierdie jaar ‘n gemeenskapsprojek wat persone van enige denominasie uitnooi om deel te neem.

Dit is weer onder spelleiding van Arina Greeff, wat ook die teks saamgestel het. Die bekende Delta-koor onder begeleiding van Imker Hoogenhout, tree ook by die geleentheid op. Daar is ook koordansers wat sal bydra om die atmosfeer van die Passiespel uit te beeld.

Dié Paasfeesvertelling beloof weer om ‘n onvergeetlike gebeurtenis te wees, waartydens die gehoor in die gees in Jesus se voetspore op Sy Lydensweg na Golgotha kan volg.

Die vertoning gaan gratis aangebied word, maar ‘n vrywillige kollekte ten bate van welsyn sal opgeneem word.

Gemeentelede en belangstellendes van ander kerkgroepe neem vanjaar weer deel aan dié besondere Passiespel onder spelleiding van Arina Greeff.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button