NewsNews
Dubbele sukses vir talentvolle swemmers
Amé van Wyk en Estevan Fouché is in die SA Tweekamp-span ingesluit wat op 30 en 31 Maart aan die SA-kampioenskappe deelgeneem het. Hulle het ook op Donderdag 1 Maart aan die Vrystaat Interhoër-swemkampioenskap in Bloemfontein deelgeneem waar Estevan vir seuns 18 jaar en ouer ‘n tweede plek in die 50m vlinderslag, ‘n tweede plek …
Amé van Wyk en Estevan Fouché is in die SA Tweekamp-span ingesluit wat op 30 en 31 Maart aan die SA-kampioenskappe deelgeneem het. Hulle het ook op Donderdag 1 Maart aan die Vrystaat Interhoër-swemkampioenskap in Bloemfontein deelgeneem waar Estevan vir seuns 18 jaar en ouer ‘n tweede plek in die 50m vlinderslag, ‘n tweede plek in die 100m rugslag en ‘n eerste plek in die 50m rugslag behaal. Amé het vir dogters 14-15 jaar ‘n 8ste plek in die 200m IM, ‘n agtste plek in die 50m vryslag en ‘n negende plek in die 50m vlinderslag behaal. Amé sal ook hierdie naweek aan die Vrystaat Lewensreding kampioenskappe in Bloemfontein deelneem.