NewsNews

Passiespele raak harte

Die ongelooflike Paasboodskap van Jesus se kruisiging is Dinsdagaand 27 Februarie op aangrypende wyse deur nagenoeg 60 gemeentelede van die NG gemeente Parys-Oos uitgebeeld met ‘n Passiespele waaraan daar die afgelope paar weke baie hard geoefen is. Die baie aangrypende aanbieding en dekor van Jesus se laaste paar uur op aarde, bring jou weer tot …

Die ongelooflike Paasboodskap van Jesus se kruisiging is Dinsdagaand 27 Februarie op aangrypende wyse deur nagenoeg 60 gemeentelede van die NG gemeente Parys-Oos uitgebeeld met ‘n Passiespele waaraan daar die afgelope paar weke baie hard geoefen is.
Die baie aangrypende aanbieding en dekor van Jesus se laaste paar uur op aarde, bring jou weer tot die besef watter groot prys Jesus met sy lewe vir sondaarmense betaal het.
Die uitbeelding is nie gerig op enige kerkverband nie, maar wel om die boodskap oor te dra en sluit onder meer tonele in van Jesus se intog in Jerusalem, die Nagmaal, Judas se verraad, Getsemané, Petrus se verloëning van Jesus, Jesus voor Pontius Pilatus en die kruistoneel.
Die Passiespele word nog vanaand en môre 1 Maart om 18:00 vir 18:30 in die Oos-gemeente se kerksaal opgevoer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button