NewsNews

Rooi tapyte uitgerol vir vanaand se openingsrede en laaste premierstoespraak

Alles is gereed. Die rooi tapyte uitgerol, die saal in wit gedrapeer en stoele oorgetrek met wit, donkerblou en ougoud. Spyseniers staan reg. Klank is getoets en die dorp se sypaadjies skoongemaak. Vanaand is die groot aand wanneer die Vrystaatse premier Ace Magashule sy laaste premierstoespraak lewer tydens die Vrystaatse regering se openingsrede wat hier …

Alles is gereed. Die rooi tapyte uitgerol, die saal in wit gedrapeer en stoele oorgetrek met wit, donkerblou en ougoud. Spyseniers staan reg. Klank is getoets en die dorp se sypaadjies skoongemaak. Vanaand is die groot aand wanneer die Vrystaatse premier Ace Magashule sy laaste premierstoespraak lewer tydens die Vrystaatse regering se openingsrede wat hier in sy tuisdorp by die AfriDome gehou word. ‘n Opvolger vir Magashule in die premiersstoel is nog nie aangewys nadat hy as die ANC se sekretaris-generaal verkies is nie. Vir Parys is die openingsrede van die Vrystaatse regering ‘n eerste vir die dorp en geld, swier en styl ontbreek daar beslis nie vir dié glansgeleentheid.

Die stylvolle saal by die AfriDome waar die Vrystaatse openingsrede vanaand gehou word.
Laaste voorbereidings vir die groot aand word gedoen.
Uitstallers maak gereed in die markiestente buite die hoofsaal.
Klank is getoets en die uitsaaiers gereed op hul plek,

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button