NewsNews

’n Saga van drie vroue en ’n meisie – Hans du Plessis praat oor sy nuwe roman

Vernedering, stereotipering, verbode liefde en die geskiedenis van die Afrikaner. Hierdie word alles in die saga van vier generasies van vroue in diepte beskryf. ’n Saga wat begin in ’n klein delwersdorpie net so duskant Potchefstroom. Prof. Hans du Plessis se nuwe roman, Drie vroue en ’n meisie, vertel die storie van die vier Prof. …

Vernedering, stereotipering, verbode liefde en die geskiedenis van die Afrikaner. Hierdie word alles in die saga van vier generasies van vroue in diepte beskryf. ’n Saga wat begin in ’n klein delwersdorpie net so duskant Potchefstroom. Prof. Hans du Plessis se nuwe roman, Drie vroue en ’n meisie, vertel die storie van die vier

Prof. Hans du Plessis met sy nuwe boek, Drie vroue en 'n meisie. Foto: Marianke Saayman

Prof. Hans du Plessis met sy nuwe boek, Drie vroue en ‘n meisie. Foto: Marianke Saayman

Vernedering, stereotipering, verbode liefde en die geskiedenis van die Afrikaner. Hierdie word alles in die saga van vier generasies van vroue in diepte beskryf. ’n Saga wat begin in ’n klein delwersdorpie net so duskant Potchefstroom.

Prof. Hans du Plessis se nuwe roman, Drie vroue en ’n meisie, vertel die storie van die vier vroue, waar hulle drome begin het, en tot waar dit vandag gekom het. Dit is ’n roman met ’n komplekse genre.

Dit is nie ’n historiese roman nie, hoewel die boek begin in die vorige eeu en die geskiedenis van die Afrikaner vertel.

Die storie speel af oor ’n lang tydperk – oor vier generasies van vroue om presies te wees. Dis ook nie ’n liefdesroman nie, hoewel daar ’n liefdesverhouding in die boek afspeel.

“Dit is eintlik ’n saga – dit is familiegeskiedenis,” sê Du Plessis.

Die hele roman speel af binne die raamwerk van ’n moderne liefdesverhaal.

Du Plessis het die geskiedenis van ’n saga self, ook as inspirasie vir sy eie saga gebruik. Die oorspronklike saga kom vanuit die 12de eeu en die man wat dit opgeteken het se naam was Sago. Hy het die eerste saga geskryf, wat gaan oor Amlet, die prins van Denemarke, wat toe later bekend was as Hamlet.

“Die eerste van die vier vroue in my boek se naam is Amlet om die Germaanse oorsprong van die Afrikaner uit te beeld.”
Die titel van die boek het ook net op ’n dag by hom uitgekom.

“Ek wou sê vier vroue, maar toe dink ek nee man, die meisie vertel die storie, so drie vroue en ’n meisie het net soveel beter geklink.”
Die storie van die vier geslagte is ook gebaseer op ‘n ware verhaal. ’n Vrou het na Du Plessis gekom en hom vertel van haar familiegeskiedenis. Vier geslagte van vroue wat baie swaar deur die lewe moes gaan nadat die eerste geslag van Skotland af na Suid-Afrika gekom het om diamante te kom delf. Die storie van hierdie vier geslagte beeld nie net die geskiedenis van die Afrikaner uit nie, maar het ook ‘n sterk tema van vooroordeel tussen ryk Afrikaners oor armes.

“In die boek kom die meisie by die skryfkunsprofessor en sy vra vir hom om haar storie te skryf. Hulle ontwikkel dan ‘n verhouding en binne hierdie raamwerk word die hele geskiedenis van haar voorgeslagte vertel.”

Die verhaal speel af op ’n plaas op Rysmierbult net buite Potchefstroom, waar diamant delwerye was. “Ek het van daardie ware verhaal ’n roman gemaak. Die roman speel af in ’n dorpie genaamd Mier se Hoop by die delwerye. Ek het al die karakters se name verander, maar die basiese storie is dieselfde.”

Baie navorsing het in die skryf van die boek ingegaan. Du Plessis het die plaas en delwerye self gaan besoek. Hy het met mense wat daar woon gepraat en uitgevind hoe die delwerye gewerk het, hoe arm die Afrikaners na die Boereoorlog was en hoe arm die plaaswerkers was.
Die roman gaan oor liefde, geskiedenis, swaarkry, vooroordeling en vele meer. Daar is soveel onderliggende temas in die roman waarvan die hooftema vooroordeel, stereotipering en vernedering is. Daar is ook ’n liefdestema asook die geskiedenis van die Afrikaner, wat ’n baie sterk tema in die roman is.

“Dit is ’n komplekse storie wat ek maklik probeer vertel. Terugvoer wat ek van mense gekry het, is dat die boek hulle vreeslik laat huil het aan die einde.”

“Ek het nie gedink die boek sou mense laat huil nie, maar dit is hartseer – die geskiedenis van die Afrikaner is hartseer.”

Hy sê dat die boek eindig met die vierde geslag in die hede tyd. “Die einde is ’n einde van hoop, omdat ons nou hoop het. Die meisie leef nou uiteindelik die drome van die vorige drie geslagte uit.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button