NewsNews

Rose laat mense toustaan

Ongelooflike reaksie is van die publiek gekry na verlede week se berig oor die Parys Flower Project en sy vele uitdagings. Soveel so dat mense Vrydagmiddag letterlik tou gestaan het om rose te koop by die kweektonnels in Allenbystraat. Gazette het verlede week berig dat van die vroue wat deur die projek begunstig is, nie …

Ongelooflike reaksie is van die publiek gekry na verlede week se berig oor die Parys Flower Project en sy vele uitdagings. Soveel so dat mense Vrydagmiddag letterlik tou gestaan het om rose te koop by die kweektonnels in Allenbystraat. Gazette het verlede week berig dat van die vroue wat deur die projek begunstig is, nie meer motivering het om daagliks die rose te kom versorg nie, omdat hulle geen inkomste uit die projek kry nie.
Ten spyte daarvan het Monty, een van die vroue, vasgeskop en gesê sy gee nie moed op nie. Sy het haar twee susters en haar man gebring om haar te kom help om die rose te versorg. Selfs van die personeel van die Fezile Dabi Gesondheidsdepartement se streekkantoor in Parys, wat reg langs die tonnels is, asook mense uit die gemeenskap het al hand bygesit om seker te maak die rose word daagliks nat gehou en versorg.
Die implementeringsagent, Rekgonne van Bloemfontein, het Maandag gekom om  probleme met die besproeiing in die tonnels en die koelkamer reg te stel, en was Dinsdag steeds daar besig. Die rose self is op aanbeveling van ’n  kundige wat ook opleiding kom gee het, baie teruggesnoei. Eers as al hierdie probleme uitgestryk is, kan die projek afgeteken word.
Hoewel daar Dinsdag nie rose was nie, word daar gehoop om binnekort al die groeipyne van die projek uitgesorteer te hê en kan die projek met die ondersteuning en geduld van die gemeenskap ’n  groot sukses wees.
Die ondersteuning wat die gemeenskap reeds gee sedert Gazette daaroor berig het, gee hulle moed om aan te gaan, sê Monty.
Monty se foon hou nie op lui met navrae oor die rose sedert die eerste Gazette berig daaroor verskyn het nie. Mense wat wil rose koop is baie welkom om Monty vooraf by 079 347 2008 te skakel, om seker te maak of daar rose is om te verkoop.
Onder die kopers wat Vrydag kom rose koop het, was veral gastehuise en vakansieoorde, en kan die projek verseker vir die dorp wat afhanklik is van toerisme en die gasvryheidsbedryf, rose teen bekostigbare pryse  voorsien.
In die twee tonnels is daar tans 1 000 Ludwig rose geplant. ’n  Projek wat die Vrystaatse regering R2,2 miljoen voor betaal het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button