NewsNews

We Care is motordiewe se moses

Hoe veilig die onderdak parkering by Checkers in die Parys Boulevard is, laat ernstige vrae nadat daar verlede week helder oordag weer ’n voertuig in dié parkeerterrein gesteel is. Dit is na raming reeds die vyfde voertuig wat daar gesteel word. Wat die meeste bekommer is dat die onderdak parkering baie beskermend is vir misdadigers …

Hoe veilig die onderdak parkering by Checkers in die Parys Boulevard is, laat ernstige vrae nadat daar verlede week helder oordag weer ’n voertuig in dié parkeerterrein gesteel is. Dit is na raming reeds die vyfde voertuig wat daar gesteel word.
Wat die meeste bekommer is dat die onderdak parkering baie beskermend is vir misdadigers en dat hulle die eienaar van ’n motor wat geteiken word, van ver af kan sien aankom. Hoewel daar by die sentrum en ook in die onderdak parkering motorwagte is, wil dit voorkom asof die voertuigdiewe net té slinks en blitsig is. Hul modus operandi is meestal om langs jou in te trek en terwyl een agter die stuurwiel ’n  ogie hou, word die motor wat geteiken is blitsig gevat, sê Ryno Lindeque van We Care.
Ongelukkig vir die voertuigdiewe het die Toyota Etios wat verlede Dinsdag in die onderdak parkering was, ’n  opsporingstoestel gehad en het die Netstar helikopter die voertuig binne ’n uur nadat dit gesteel is, in Ennerdale gevind.
Die sukses is grotendeels te danke aan die beskrywing van die voertuig en registrasienommer wat blitsig deurgegee is.
Terwyl die voertuig in die onderdak parkering gesteel is, is ’n  Uno ook verlede Dinsdagoggend in Delverstraat gesteel en kon We Care blitsig dié inligting deurgee. Die voertuig wat gesteel is waar dit in die straat geparkeer was, is ook binne ’n  uur teruggevind in Grensstraat waar dit sonder brandstof gaan staan het.
Wees baie versigtig waar jy jou motor laat en wees bedag op enige verdagte persone of voertuie in jou omgewing.  Geen inligting is ooit waardeloos nie. Rapporteer dit en skakel in by ’n buurtwag. Maak seker jy en jou bure weet van mekaar se bewegings en wanneer jy nie sal tuis wees nie. Wees bedag op vreemde mense in jou bure se erf en maak seker jy kan jou bure kontak as jy onraad sou vermoed

* Dinsdagaand 13 Februarie is daar ook ‘n Volkswagen Jetta reg voor Hoërskool Parys gesteel waar dit in die straat geparkeer was terwyl die Valentynsbal in die skoolsaal gehou is. Die voertuig is nog soek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button