NewsNews

Motor in twee geskeur, man (29) ongedeerd

VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word wat verlede Donderdag in twee geskeur is toe dit onder ‘n trok beland het, kan daar amper net een afleiding gemaak word. Niemand kon lewend hier uitkom nie.   VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word …

 

VEREENIGING. – As daar na die opgefrommelde wrak van ‘n motor gekyk word wat verlede Donderdag in twee geskeur is toe dit onder ‘n trok beland het, kan daar amper net een afleiding gemaak word. Niemand kon lewend hier uitkom nie.
Maar wonder bo wonder is mnr. James Anieke (29), die bestuurder van die motor, lewend en met net geringe beserings uit die wrak bevry. Anieke het omstreeks 07:00 in Houtkopweg gery toe die Avio wat hy bestuur het, en ’n trok van Trent Trucking in ‘n botsing betrokke was. Die motor se agterste deel het onder die linkervoorkant van die trok beland. Die motor is ‘n ent verder gesleep voordat die trok tot stilstand gekom het. Die voorste deel van die Avio het ‘n hele ent daarvandaan gelê.
Paramediese personeel van ER24 het Anieke op die toneel behandel. Volgens sy broer Kenny, het Anieke net ‘n sny aan sy oor en ken opgedoen.
Die brandweer moes die voertuig met hidroliese toerusting oopsny om Anieke agter die stuur te bevry. Hy is deur die provinsiale ambulansdiens na die Sebokeng-hospitaal geneem vir behandeling, maar is dieselfde dag nog ontslaan.
Trent Trucking het op Vaalweekblad se Facebookblad gesê hulle is dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie en gee hul volle samewerking met die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.

Related Articles

Back to top button