NewsNews

Vroeë demensie aan die toeneem

Na aanleiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie se verslag dat daar wêreldwyd sowat 50 miljoen mense is wat demensie het, en bykans 10 miljoen nuwe gevalle elke jaar voorkom, meen baie gesondheidsowerhede dat gevalle van demensie regoor die wêreld besig is om toe te neem. “Die groeiende ouer bevolking – ’n groep wat statisties meer vatbaar is …

Na aanleiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie se verslag dat daar wêreldwyd sowat 50 miljoen mense is wat demensie het, en bykans 10 miljoen nuwe gevalle elke jaar voorkom, meen baie gesondheidsowerhede dat gevalle van demensie regoor die wêreld besig is om toe te neem.
“Die groeiende ouer bevolking – ’n groep wat statisties meer vatbaar is vir demensie – beteken dat die wêreldwye las van hierdie toestand al hoe groter word. Hier in Suid-Afrika het ons ’n soortgelyke situasie,” sê Ivan Oosthuizen, uitvoerende hoof van die Livewell Groep, ’n organisasie wat in demensiesorg spesialiseer.
Oosthuizen sê die diagnostiese hulpmiddels vir die diagnose van demensie — ’n sindroom wat ongeneeslik is en progressief die geheue en kognitiewe funksie aantas — het in die laaste jare beduidend verbeter.
“Dit het ongetwyfeld tot gevolg dat meer gevalle vandag gediagnoseer word, en dat vroeë demensie – voor ouderdom 65 – by meer jonger persone geïdentifiseer word. Trouens, die Livewell Groep het die afgelope paar jaar ook ’n groter getal navrae gekry van pasiënte met vroeë demensie wat hulp verlang,” sê hy.
Vroeë demensie
“Hoewel die vroeë diagnose van demensie geweldig ontstellend en moeilik kan wees om te aanvaar, is sommige pasiënte verlig dat hulle ten minste nou kan verstaan hoekom hulle probleme met kognitiewe funksie en geheue ondervind.
“Vroeë diagnose van die toestand kan sekere voordele vir pasiënte inhou. Ons het byvoorbeeld al inwoners gehad wat dankbaar was dat hulle betyds hul sake in orde kon kry, en ook omvattende beplanning kon doen vir die sorg wat hulle in die toekoms nodig sou kry.”
Progressiewe toestand
Oosthuizen verduidelik dat demensie op talle verskillende maniere manifesteer en verskeie oorsake het. Ongeveer 60% tot 70% van gevalle hou verband met Alzheimer se siekte. Voorts verskil die tempo van ontwikkeling van die toestand van persoon tot persoon.
“Demensie bly egter ’n onbehandelbare en onomkeerbare progressiewe toestand. Dit beteken dit raak al hoe moeiliker om dit te bestuur – veral vir gesinne in die huisomgewing. Vir baie gesinslede raak die uitdaging al hoe groter en meer stresvol om die nodige sorg te verskaf wat tuis nodig is om hul geliefde te beskerm en so lank as moontlik betrokke te hou in die huishouding,” sê hy.
Vooruitbeplanning
Volgens Oosthuizen kan demensie baie swaar wees vir gesinne, en wanneer ’n geliefde vir die eerste keer gediagnoseer word, is dit nie altyd maklik om te voorsien watter kognitiewe en fisieke veranderings in later jare met die toestand gepaard sal gaan nie.
“Daarom vind die meeste persone by wie vroeë demensie gediagnoseer word, dat dit help om saam met hul gesinne vooruit te beplan om die impak wat die toestand vorentoe op al die betrokkenes sal hê, tot die minimum te beperk.
Dit stel demensiepasiënte in staat om seker te maak dat hulle die beste moontlike sorg ontvang wanneer hul kognitiewe funksie later so ver agteruitgaan dat hulle dikwels nie meer die beste besluite oor hul toekomstige gesondheid en welstand kan neem nie, sê hy.
Hoewel die diagnose van demensie moontlik geassosieer word met ’n beperking van die persoon se vermoë om self keuses te maak, kan ’n proaktiewe en ingeligte benadering terwyl hulle dit wel nog kan doen, geweldig baie vir daardie persoon beteken.”
Oosthuizen sê vroeë beplanning stel die persoon met demensie in staat om duidelik sy of haar wense ten opsigte van toekomstige sorg uit te spreek en betyds die nodige regs-, finansiële en ander besluite te neem voordat die toestand ver vorder.
“Sulke beplanning kan die persoon help om die ingewikkelde finansiële en regskwessies wat betrokke kan wees, uit te sorteer en ook persone aan te wys wat later namens hom of haar besluite kan neem. Dit gee ook geliefdes ’n mate van gemoedsrus en kan heelwat stres verminder wat die toestand dikwels vir gesinne meebring,” sê hy.
“Dit kan ook die persoon by wie demensie gediagnoseer is, help om al die behandelings- en ondersteuningsdienste wat beskikbaar is maksimaal te benut, en om nuwe strategieë te ontwikkel om so onafhanklik as moontlik te kan leef.”
Oosthuizen beveel aan dat persone by wie demensie gediagnoseer is, aan die volgende aspekte aandag gee wanneer hulle vooruit beplan:
•Gesondheid en langtermynsorg
•Regsaspekte
•Geldsake en eiendom
Ondersteuningsgroepe
“Demensie is ’n groot oorsaak van ongeskiktheid en afhanklikheid onder ouer mense in Suid-Afrika en het ’n groot impak – nie net op die persoon en die gesin nie, maar ook op die breë gemeenskap en die ekonomie,” sê Oosthuizen.
Dit is daarom belangrik dat al die beskikbare dienste en ondersteuning gegee word aan diegene wat gediagnoseer word, om hulle te help om so onafhanklik as moontlik te wees en so lank as moontlik ten volle deel te wees van die gesin

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button