NewsNews

“OB maak van wolf skaapwagter in Vrede-suiwelververslag”

Die Vrede-suiwelverslag wat vandag deur die Openbare Beskermer (OB) onder ʼn wolk van geheimhouding uitgereik is, bevestig dat die Vrystaatse departement van landbou en sy destydse LUR, Mosebenzi Zwane, hulself aan growwe nalatigheid en wanadministrasie skuldig gemaak het. Daar is egter ʼn leemte in die verslag wat die remediërende stappe betref, omdat die OB van …

Die Vrede-suiwelverslag wat vandag deur die Openbare Beskermer (OB) onder ʼn wolk van geheimhouding uitgereik is, bevestig dat die Vrystaatse departement van landbou en sy destydse LUR, Mosebenzi Zwane, hulself aan growwe nalatigheid en wanadministrasie skuldig gemaak het. Daar is egter ʼn leemte in die verslag wat die remediërende stappe betref, omdat die OB van wolf skaapwagter maak deur premier Ace Magashule aan te wys om die strafwerk te doen, het Wouter Wessels, VF Plus-LP en parlementêre woordvoerder oor landbou, na die bekendstelling van die verslag gesê.
“Die Vrede-suiwelprojek op die plaas Kruynaauwslust buite Vrede in die Vrystaat is reeds ʼn geruime tyd die onderwerp van vele omstredenheid en word betrek by die staatskapingsondersoek wat tans aan die gang is. Hierdie projek het die belastingbetaler sowat R570 miljoen gekos, waarvan die meerderheid aan Gupta-begunstigdes deur middel van die sogenaamde implementeringsagent, Estina (Edms) Bpk, uitbetaal is. Die 100 gemeenskapslede en opkomende boere wat voordeel uit die projek moes trek krepeer rondom die plaas waarop byna geen van die beplande aktiwiteite en toerusting plaasvind of bestaan nie.
“Ons verwelkom die bevestiging deur die OB van minister Zwane en die Vrystaatse departement van landbou se knoeiery, maar is hoegenaamd nie tevrede met die remediërende stappe wat deur die OB voorgestel word nie. Dit is ook onaanvaarbaar dat die OB so lank gevat het om die verslag vry te stel, aangesien die meerderheid van die verslag reeds deur die vorige OB, me. Thuli Madonsela, opgestel is. Dit laat die vraag ontstaan oor die onpartydigheid van die OB.
“Die feit dat die OB vir premier Ace Magashule aanwys om dissiplinêre stappe teen die departement te neem is belaglik. Die regsafdeling in die departement van die premier het die kontrak tussen die departement van landbou en Estina goedgekeur en afgeteken.
:Die departement van die premier was direk betrokke by reise na Indië saam met onder andere minister Zwane met die aanvang van die projek en die premier se kantoor is skaars twee weke gelede deur die Valke beset ten einde beslag te lê op dokumentasie met betrekking tot die Vrede-suiwel ondersoek.
“Die premier het ook gekies om die projek vir jare te verdedig en geweier om gehoor te gee aan herhaaldelike besware en bewyse van verskeie opposisiepartye oor die geldvermorsing by die projek.
“In plaas daarvan om soos ʼn verantwoordelike en verantwoordbare premier op te tree het hy toegelaat dat hierdie knoeiery onder sy neus en leiding onverstoord voortgaan en dat miljoene rand van die belastingbetalers van die Vrystaat vermors word.
“Die OB het van wolf skaapwagter gemaak en dit wil voorkom of sy dit met opset gedoen het om die wolf se onskuld te suggereer.
“Ons plaas nou ons hoop op die Valke se ondersoek na die ongerymdhede en blatante korrupsie en diefstal by die projek en hoop dat die skuldiges deur middel van die regstelsel verantwoordbaar gehou sal word,” het Wessels gesê.
* Parys Gazette het twee weke gelede berig van soortelyke projekte in Ngwathe op die plaas Wildehondekop waar miljoene spandeer is aan onder meer hoenderhuise en groentekweektonnels wat ook deur die Vrystaatse departement van Landbou opgerig is. Nou ná 10 jaar pas sekuriteitsbeamptes steeds dié infrastuktuur van die projekte op wat in wind en weer tot niet gaan sonder dat daar enige produksie is. Dit terwyl daar nog selfs vir die 2017/18 finansiële jaar.

Related Articles

Back to top button