NewsNews

R100 boete skrik sanddiewe nie af nie

Enkele dae nadat twee persone ’n  boete van R100 elk opgelê is vir diefstal van bousand vanaf munisipale eiendom, het diewe die afgelope naweek weer toegeslaan. ’n  Werknemer van rdl. Saal de Jager (Wyk 12) het verdagtes met vermoedelik gesteelde bousand Saterdag opgemerk en foto’s van die oorlaaide bakkie geneem.  Dit is dadelik na die …

Enkele dae nadat twee persone ’n  boete van R100 elk opgelê is vir diefstal van bousand vanaf munisipale eiendom, het diewe die afgelope naweek weer toegeslaan.
’n  Werknemer van rdl. Saal de Jager (Wyk 12) het verdagtes met vermoedelik gesteelde bousand Saterdag opgemerk en foto’s van die oorlaaide bakkie geneem.  Dit is dadelik na die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer gestuur vir ’n nuwe formele klag. “Vir ‘n tweede oortreding sal die diewe hopelik swaarder gestraf word,” het rdl. De Jager eergister uit die VSA, waar hy tans vakansie hou, aan Gazette gesê.
Gazette kon egter nie teen druktyd bevestiging kry of die klag wel gelê is nie.
Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat in die ou begraafplaas oop lê, die skrille getuienis.
Een van die skuldiges wat verlede Maandag gevonnis is, is vroeër ook al vir dié diefstal in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat. ’n Duidelike kennisgewingbord wat waarsku dat die diefstal van die sand ’n kriminele oortreding is, en oortreders vervolg sal word, is twee jaar gelede by die begraafplaas aangebring.

Related Articles

Back to top button