NewsNews

Op die kassie saam met Glam Guru

“Jy kan baie trots wees op jou werk! Met só ’n pluimpie komende van skoonheidskenner Hannon Bothma, is dit verseker ’n plus vir enige haarstilis se getuigskrif. Hiervan kan Wuinneé Marais van Salon Dazzle in Parys getuig. Die groot eer het haar te beurt geval om deur Hannon self genader te word om as haarstilis …

“Jy kan baie trots wees op jou werk!
Met só ’n pluimpie komende van skoonheidskenner Hannon Bothma, is dit verseker ’n plus vir enige haarstilis se getuigskrif.
Hiervan kan Wuinneé Marais van Salon Dazzle in Parys getuig. Die groot eer het haar te beurt geval om deur Hannon self genader te word om as haarstilis op te tree in een van sy Glam Guru-episodes. Die episode sal na verwagting in April vanjaar uitgesaai word.
Wuinneé vertel dat sy ná die oproep van Hannon waarin sy ’n telefoniese onderhoud met hom moes voer, ook nog ’n oudisie moes slaag voordat sy uiteindelik gehoor het dat sy gekies is om op 5 en 6 Desember 2017 op die Glam Guru-stel te kon verskyn.
Daar is spesifiek gesoek na iemand wat goeie kliënteverhoudings het en wat by die styl van die program inpas. Die eerste dag op die stel was sy net ’n  skadu-assistent vir die span op stel om haar vertroud te kry met wat van haar verwag sou word.
Op die tweede dag was Wuinneé egter Hannon se regterhand en het sy die kleursegment gedoen vir die gelukkige dame wat in dié episode mooigemaak is.
Hoewel haar senuwees gedaan was en ’n  dag op stel baie lank kan word, vertel Wuinneé dat Hannon almal om hom gou op hul gemak laat voel en sy georganiseerde geaardheid en humorsin dit beslis maklik maak om saam met hom te werk. “Die selfvertroue wat jy kry uit dié ervaring is ongelooflik,” sê sy.
Wuinneé is die afgelope jaar verbonde aan Salon Dazzle en volgens Merinda, eienares van die salon, ag sy haar as baie bevoorreg om so ’n bekwame haarstilis te hê wat boonop ook die beste verkoper van Hannon-produkte vir 2017 in die streek was. Hannon produkte is by Salon Dazzle beskikbaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button