NewsNews

Kommer dat VS openingsrede gaan ontaard in peperduur afskeidspartytjie vir Ace

Daar is groot kommer dat die belastingbetaler miljoene sal moet opdok vir wat gemeen word eintlik ’n  afskeidspartytjie vir die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sal wees tydens die Vrystaatse regering se openingsrede op 20 Februarie in Parys. Dié kommer het die Vryheidsfront Plus nou laat eis dat die provinsiale openingsrede uitgestel moet word. Die AfriDome …

Daar is groot kommer dat die belastingbetaler miljoene sal moet opdok vir wat gemeen word eintlik ’n  afskeidspartytjie vir die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sal wees tydens die Vrystaatse regering se openingsrede op 20 Februarie in Parys. Dié kommer het die Vryheidsfront Plus nou laat eis dat die provinsiale openingsrede uitgestel moet word. Die AfriDome is reeds vir die datum bespreek en is dit tans nog onseker of die datum geskuif sal word.
“Die openingsrede is veronderstel om die rigting aan te dui vir provinsiale departemente vir die komende jaar. Die begrotings en jaarlikse prestasieplanne van departemente word deur die openingsrede toegelig, daarom is dit onaanvaarbaar dat die premier wat beslis binne die volgende maand gaan bedank, weens sy voltydse pos as sekretaris-generaal van die ANC, toegelaat word om die provinsiale rede te lewer,” het die Vryheidsfront in ’n  verklaring gesê.
In die verklaring word gesê dat ’n  vverantwoordelike regerende party spoedig na die verkiesing van Magashule as sekretaris-generaal in Desember 2017 sy interne prosesse sou afgehandel het om ‘n nuwe premier vir die Vrystaat te verkies. “Dit is onaanvaarbaar dat die ANC se binne-gevegte die Vrystaat lamlê en veroorsaak dat belangrike beplanning vir die jaar nie plaasvind nie,” sê die Vryheidsfront Plus.
Die feit dat die openingsrede beplan word om in Magashule se tuisdorp, Parys, plaas te vind, is ‘n aanduiding dat die openingsrede se koste miljoene rand gaan beloop en dat dit eerder ‘n afskeidspartytjie vir hom gaan wees, sê sê Tammy Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer.
Die VF Plus het nou ’n  dringende skrywe aan die Speaker van die Vrystaatse wetgewer gerig om te eis dat die openingsrede uitgestel moet word en indien dit voortgaan dat die koste verbonde daaraan tot die uiterste beperk moet word.
“Die Vrystaatse wetgewer moet die voorbeeld van sy nasionale eweknie volg en die openingsrede uitstel tot ‘n nuwe premier verkies is. Die beplande mosie van wantroue in die premier moet uiteraard ook voor die openingsrede dien,” sê Wessels.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button