NewsNews

Dialise-sentrum bring groot verligting vir Parys-pasiënte

Vir die talle dialise-pasiënte in Parys wat weekliks tot drie keer Potchefstroom of Vereeniging toe moet ry vir vier uur lange dialise-behandeling, afgesien van die reistyd en brandstofkoste hieraan verbonde, is daar nou uiteindelik goeie nuus. Danksy die visie van die Thirdway Investment Group, ’n  beleggingsmaatskappy en eienaar van die sentrum, open die Parys Renal …

Vir die talle dialise-pasiënte in Parys wat weekliks tot drie keer Potchefstroom of Vereeniging toe moet ry vir vier uur lange dialise-behandeling, afgesien van die reistyd en brandstofkoste hieraan verbonde, is daar nou uiteindelik goeie nuus.
Danksy die visie van die Thirdway Investment Group, ’n  beleggingsmaatskappy en eienaar van die sentrum, open die Parys Renal Care Centre na verwagting reeds so gou as begin Maart sy deure in Parys.
Thirdway Investment Group is gestig  deur John Oliphant. John is in Parys gebore en het hier grootgeword. Daarom dat hy graag belê in ’n inisiatief wat tot voordeel van die Parys-gemeenskap sal wees.
Die sentrum is reg oorkant die Forum-gebou se ingang agter Anebi. Volgens Neo Oliphant het die sentrum reeds ’n lys van 12 pasiënte, maar word verwag dat hier selfs meer pasiënte is wat van die diens van die sentrum gebruik sal maak.
Voorlopig word beplan dat die sentrum Maandae, Woensdae en Vrydae van 06:00 tot 21:00 sal oop wees, en Dinsdae en Donderdae van 06:00 tot 17:00. Hierdie tye kan egter verander en sal nader aan die opening van die sentrum weer bevestig word.
Die plan is om ses dialise-stasies te hê ten einde ’n  maksimum van 30 pasiënte per week te kan akkommodeer binne die sentrum-ure.
Die Parys Renal Care Centre sal omvattende, bekostigbare en kwaliteit dialise dienste lewer aan pasiënte wat met nierversaking gediagnoseer is.
Personeel by die sentrum sal bestaan uit gekwalifiseerde en ervare nefroloog verpleegsters/kliniese tegnikuste, en ’n  nefroloog van Johannesburg wat op ’n deeltydse basis ook by die sentrum konsulteer.
Oor waarom die besluit geneem is om die sentrum in Parys te open, vertel Neo dat ’n  naby familielid van die gesin in 2016 met nierversaking gediagnoseer is. Dié diagnose het hulle bewus gemaak van die uitdagings waarmee pasiënte in Parys te staan kom wat met niersiektes gediagnoseer is.
Die doel met die sentrum in Parys is om ’n verskil vir hierdie pasiënte te maak om hul kwaliteit van lewe te verbeter deur die reiskoste en lang tye weg van die huis vir behandelings, uit te skakel.
Mense wat enige navrae het oor die sentrum is welkom om Neo Oliphant te skakel by 082 828 4784.
Wat is dialise?
Dialise is wanneer bloed buite die liggaam gesuiwer word vir pasiënte wie se niere nie normaal funksioneer nie.
Vir pasiënte gekoppel aan ’n  diali-semasjien vir hemodialise, bied die fistula vaskulêre toegang tot die are en die dialisebuise.
Bloed vloei dan uit die liggaam en sirkuleer deur die dialisemasjien. Slegs 250ml bloed is op ’n gegewe tyd buite die liggaam. Die bloed word dan deur ’n osmosebeginsel met die “kunsnier” gefiltreer en gesuiwer voordat dit na die are terugvloei.

Die Parys Renal Care Centre is regoor die ingang van die Forum-gebou agter Anebi. Hier word nog gewerskaf vir die inrig van die Parys Renal Care Centre wat na alle verwagting in Maart sy deure hier vir dialise-pasiënte sal open.

Parys Re

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button