NewsNews

Gee die geskenk van lewe hierdie Valentynsmaand

Februarie is die maand van liefde wat op ʼn romantiese manier deur mense gedeel word, maar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) word die geskenk van liefde elke maand gevier. Die Bloeddiens doen daarom ’n beroep op bloedskenkers wat deur bloed te skenk ‘n verskil in die lewens van pasiënte maak wie jy dalk nooit …

Februarie is die maand van liefde wat op ʼn romantiese manier deur mense gedeel word, maar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) word die geskenk van liefde elke maand gevier.
Die Bloeddiens doen daarom ’n beroep op bloedskenkers wat deur bloed te skenk ‘n verskil in die lewens van pasiënte maak wie jy dalk nooit sal ken nie.
Dit is nie te laat om dít u nuwejaarsvoorneme vir 2018 te maak nie. Om “dankie” te sê aan bloedskenkers sal ʼn spesiale geskenk aan diegene wie vier eenhede in ʼn kalender-jaar skenk, gegee word.
Alle bloedgroepe is baie belangrik maar Groep O is die bloedgroep wat gereeld lae voorraad bloed het. Dit is omdat die aanvraag na dié groep baie hoër is, en omdat dit vir pasiënte van alle ander bloedgroepe gebruik kan word.
Die SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 Februarie 2018 by die Hervormde Kerksaal in Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 150 eenhede bloed in te samel wat 450 lewens kan red.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button