NewsNews

Dankie, dankie vir oop harte vir Sutherland-waternood

 ‘n Stampvol kerk en oop harte en hande vir Sutherland. Soveel só dat R18 000 reeds oorbetaal kon word aan dié dorp wat gebuk gaan onder die ergste droogte in 100 jaar, sê die sanger, Francois Fourie. Francois en Elizabeth het op eie inisiatief Sondagaand ‘n toewydings sangaand in die NG gemeente Parys-Wes aangebied waar …

 ‘n Stampvol kerk en oop harte en hande vir Sutherland.

Soveel só dat R18 000 reeds oorbetaal kon word aan dié dorp wat gebuk gaan onder die ergste droogte in 100 jaar, sê die sanger, Francois Fourie.

Francois en Elizabeth het op eie inisiatief Sondagaand ‘n toewydings sangaand in die NG gemeente Parys-Wes aangebied waar gesing is om die boeregemeenskap van Sutherland daadwerklik te help. Daar was geen toegangsfooi – net ‘n kollekte wat opgeneem is ten bate van die Dankbaarheids Droogtefonds van SUtherland.

Maar terselfdertyd is Parysenaars ook gevra om hiermee hul eie dankbaarheid te wys vir ‘n goeie seisoen en om in die nuwe jaar hul opnuut aan die Here toe te wy.

Baie dankie vir almal wat die aand kom saamsing het, gebid en bygedra het.

“Ons is absoluut oorstelp oor die wonderlike meelewing van mede Parysenaars vir mense in nood, sê Francois en Elizabeth.

“”Dis hoekom ons so lief geword het vir ons plek! – want mense gee om …””

 

Hier is die bankbesonderhede vir mense wat nog wil bydra tot  die SUTHERLAND DANKBAARHEIDS FONDS:

 

SLK Sutherland Landbou Kooperasie

Standard Bank

Takkode:  051108

Rekeningnr:  083170863

Ontvanger:  SLK Dawie Augustyn

Epos bewys van betaling aan:  avz@roggeveld.co.za

Kooperasie-bestuurder: Dawie Augustyn

Tel:  023 5711 001 of 023 5711 050

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button