NewsNews

Stigter van Gift of the Givers spreek NWU Besigheidskool toe

Dr. Imtiaz Sooliman, die filantroop wat in Potchefstroom gebore is, het die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur gedurende die opening van die MBA-akademiese jaar toegespreek. Dr. Sooliman is die stigter van Gift of the Givers, die grootste rampverligtingsorganisasie met sy oorsprong in Afrika op die Afrika-kontinent. In hul 25 jaar-geskiedenis het Gift of… …

Dr. Imtiaz Sooliman, die filantroop wat in Potchefstroom gebore is, het die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur gedurende die opening van die MBA-akademiese jaar toegespreek.
Dr. Sooliman is die stigter van Gift of the Givers, die grootste rampverligtingsorganisasie met sy oorsprong in Afrika op die Afrika-kontinent. In hul 25 jaar-geskiedenis het Gift of the Givers R2.3 miljard aan 43 lande, Suid Afrika ingesluit, gelewer.
Volgens Sooliman is die Suid-Afrikaanse publiek oor die algemeen baie sosiaal verantwoordelik met ‘n sterk gees van Ubuntu. Dit is die een area waarin Suid-Afrikaners nie ras, kleur of geloofsoortuiging raaksien nie. Hulle reageer op die behoeftes van ander gedurende krisistydperke.
“Die korporatiewe wêreld het agtergeraak, maar dit wil voorkom of daar nou beduidende veranderinge is. Voorheen is hulpverlening slegs verskaf om ’n blokkie op ‘n register af te merk en om die gewete te sus, maar in die afgelope paar jaar was daar ‘n meer ernstige en opregte benadering ten opsigte van betekenisvolle hulpverlening, wat ‘n positiewe uitkoms het en lewens verander.
“MBA-studente gaan, gedurende of na afloop van hul studies, die korporatiewe wêreld betree.
“Terwyl hulle in hul eie besigheid blom, moet hulle nooit hul medemens vergeet nie. Aangesien hulle die geleentheid en mag het, moet hulle vir dié wat minderbevoorreg is, geleenthede skep.
“Wanneer daar in interaksie getree word met mense wat deur moeilike tye gaan, afgestorwenes uitgesluit, moet hulle ‘n barmhartige benadering volg om sodoende die persoon weer op te lig en op die regte pad te sit.”
Hierdie geleentheid sal ook ’n eerste in die geskiedenis van die Skool wees, waar die nuwe direkteur, prof. Fulu Netswera, die MBA’s toespreek. Aktuele kwessies soos watertekorte, misdaad en emigrasie is aangespreek.
”More se leiers moet meer patrioties wees ten opsigte van ons land en sy mense en eerder oplossings vind vir die probleme wat SA in die gesig staar. Na afloop van jou MBA-studies aan die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur, sal elkeen hier vandag, oor die vaardighede en kennis beskik, om oplossings te kan bied om sodoende ’n verskil te kan maak,” het prof. Netswera gesê.

Lede van die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur. Van links: Dewald Olivier, prof. Christoff Botha, prof. Anet Smot, dr. Imtiaz Sooliman, prof. Fulu Netswera, prof. Ronnie Lotriet, Theo Venter en prof. Jonathan Calof. Foto: Verskaf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button