NewsNews

Droogtegeteisterde Bloemfontein se waterverliese meer as R200 miljoen

Die oudituitkomste van die Mangaung-metro vir die 2016/2017 finansiële jaar, met ʼn gekwalifiseerde ouditmening en verskeie kwelpunte soos water- en elektrisiteitsverliese, skets ʼn donker prentjie vir dié munisipaliteit se toekoms, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro, na afloop van ʼn vergadering van die raad gesê.   “Die totale bedrag verskuldig aan …

Die oudituitkomste van die Mangaung-metro vir die 2016/2017 finansiële jaar, met ʼn gekwalifiseerde ouditmening en verskeie kwelpunte soos water- en elektrisiteitsverliese, skets ʼn donker prentjie vir dié munisipaliteit se toekoms, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro, na afloop van ʼn vergadering van die raad gesê.

 

“Die totale bedrag verskuldig aan Bloemwater beloop tans R602 miljoen, terwyl die waterverliese vir die 2016/2017 finansiële jaar R217 miljoen beloop.  Hierdie verliese is te wyte aan onder andere gebarste pype en lekkasies.  Dit is onaanvaarbaar dat ʼn munisipaliteit in die wurggreep van ʼn droogte meer as R200 miljoen in ʼn enkele jaar aan waterverliese ly as gevolg van ʼn gebrek aan goeie bestuur, sowel as instandhouding en opgradering van waterinfrastruktuur.

 

“Daar is verskeie redes vir die Ouditeur-Generaal (OG) se gekwalifiseerde ouditmening, soos onder andere astronomiese water- en elektrisiteitsverliese.

 

“Die munisipaliteit se ouditmening het versleg van ʼn ongekwalifiseerde mening in die 2015/2016 finansiële jaar na ʼn gekwalifiseerde mening. 

 

“Dit is ʼn duidelike aanduiding van swak bestuur onder die ANC-regering.  Die VF Plus sal daarop aandring dat daar behoorlik ondersoek ingestel word na die buitensporige skuld wat deur die munisipaliteit opgeloop is, asook op konkrete planne vir infrastruktuuronderhoud en -opgradering,” het Snyman-van Deventer gesê.

Related Articles

Back to top button