NewsNews

’n Naweek vol avontuur-aktiwiteite vir die buitelewe-entoesias

Boek nou al die datum! ‘n Naweek vol avontuur-aktiwiteite en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van MooiVaal Media en Stonehenge in Africa se avontuur- en buitelewe -ekspo – All Things Adventure. Dit vind op 3 en 4 Maart plaas by Stonehenge  in die wêreldbekende Koepelbewaringsgebied langs die Vaalrivier. Stonehenge in Africa het onlangs weer …

Boek nou al die datum! ‘n Naweek vol avontuur-aktiwiteite en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van MooiVaal Media en Stonehenge in Africa se avontuur- en buitelewe -ekspo – All Things Adventure.
Dit vind op 3 en 4 Maart plaas by Stonehenge  in die wêreldbekende Koepelbewaringsgebied langs die Vaalrivier. Stonehenge in Africa het onlangs weer verskeie toerisme-toekennings verower.
Daar gaan oorgenoeg wees om te sien. Aktiwiteite sluit in ʼn avontuur motorfietskompetisie, 4×4 uitdagings, ‘n alle ouderdomme “mud race”, Kids Warrior Race, witwaterroei en die SABA (boogjagters) kompetisie. Baie van die uitstallers, soos skubaduik en verfbal, bied ook hul eie aktiwiteite aan. Iets nuuts wat vanjaar beoog word is ‘n kompetisie vir die mees nie-kommersiële innoverende of praktiese selfgeboude of – ontwerpte kampeer- of buitelewe gereedskap of toerusting, byvoorbeeld ‘n selfgeboude warmwatertoestel wat saam op safari kan gaan. Belangstellendes kan ‘n foto en kort beskrywing e-pos na hstander@media24.com. Deelnemers kan hul ontwerpe by ‘n spesiale uitstalruimte kom bekend stel.
All Things Adventure bied aktiwiteite en geleentheid vir uitstallers om mense te bereik wat lief is vir avontuur en die buitelewe. Dit verskil van ander ekspo’s deurdat skougangers aan aktiwiteite kan deelneem.
Aktiwiteite tydens die ekspo vind plaas op die 4×4 baan, avontuur-motorfietsbaan, in die arena en in en om die Stonehenge-terrein.
Vyftien kosstalletjies is reeds bespreek en al die bekende motorhandelaars het uitstalruimtes. Die uitstalruimtes is groot en elektrisiteit is by meeste ruimtes beskikbaar. Daar is ook geleentheid vir uitstallers/handelaars om 4×4- en bakkies op die baan te demonstreer. Dit is die perfekte geleentheid om nuwe en bestaande produkte in avontuur en buitelewe bekend te stel.
Skakel Antoinette Badenhorst bedags by 018 293 0750 of e-pos na antoinette.badenhorst@mooivaalmedia.co.za vir uitstalruimte.
Sien kort video oor sommige van die aktiwiteite wat in Februarie verlede jaar plaasgevind het by https://potchefstroomherald.co.za/video_of_the_day/video-things-adventure-expo/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button