NewsNews

Dok Gerrie lê eersdaags die tuig neer

Vir baie was hy hulle dokter vir 45 jaar, maar nou het dit tyd geword om die tuig neer te lê. Dr. Gerrie van der Westhuizen sluit einde Februarie  sy praktyk in Middelstraat, maar sal in  Parys aanbly by Sally Martin Park waar hy en sy vrou Isabel, reeds gevestig is. Dok Gerrie het destyds …

Vir baie was hy hulle dokter vir 45 jaar, maar nou het dit tyd geword om die tuig neer te lê. Dr. Gerrie van der Westhuizen sluit einde Februarie  sy praktyk in Middelstraat, maar sal in  Parys aanbly by Sally Martin Park waar hy en sy vrou Isabel, reeds gevestig is.
Dok Gerrie het destyds van Pretoria  gekom en hier in Parys vir die eerste keer kom praktiseer – aanvanklik vir die eerste 15 jaar saam met wyle dr. Theron in Philipstraat, en daarna alleen in die praktyk in Middelstraat.
Die egpaar het vyf kinders, waarvan twee van hul dogters ook in Parys gevestig is. Hulle is die fisioterapeut Annelien Marais, en sakevrou, Laurika Odendaal.  Hul ander drie kinders is in Johannesburg gevestig. Die egpaar het ook 11 kleinkinders. Noudat hy aftree, sal hul hopelik meer kan sien van hul huis in Stilbaai, skerts hy. Hoewel die praktyk nou sluit, kan dok Gerrie terugkyk op ’n mooi pad wat hy oor  jare met soveel pasiënte kon saamstap.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button